Giambattista della Porta, ook bekend as Giovanni Battista Della Porta en John Baptist Porta,[2] was ’n Italiaanse geleerde, veelweter en dramaturg wat in Napels gewoon het tydens die Wetenskaplike Rewolusie en die Reformasie.

Giambattista della Porta
Giambattista della Porta.jpeg
Giambattista della Porta[1]
GeboreLaat 1535
Sterf4 Februarie 1615

Hy het hom tydens die grootste deel van sy lewe met wetenskap besig gehou. Sy bekendste werk, wat in 1558 vir die eerste keer gepubliseer is, was Magiae Naturalis (Natuurlike Towerkrag). Daarin het hy ’n verskeidenheid onderwerpe aangeraak wat hy ondersoek het, insluitende die okkulte, astrologie, alchemie, wiskunde, meteorologie en filosofie.

VerwysingsWysig

  1. Portrait of della Porta: van Jo. Bapt. Portae Neapolitani Magiae naturalis libri XX...., Napels, 1589
  2. http://homepages.tscnet.com/omard1/jportat3.html