Gietwerk
Gietwerk is 'n produksieproses waarby 'n vloeibare materiaal in 'n gietvorm getap word met die doel om te stol en permanent die vorm van die gietvorm aan te neem. Die resultaat van die gietwerk proses word die gietstuk genoem. Verskeie tipes materiale word gegiet en kan in twee hoof afdelings opgedeel word:
Gietmetodes
wysigTydelike en afskryfbare gietmetodes
wysigSekere gietmetodes waarvan die gietstuk slegs 'n klein hoeveelheid kere gebruik kan word (self eenmalig in sekere gevalle), word na verwys as tydelik of afskryfbare metodes. Die metodes is gewoonlik goedkoper as permanente gietmetodes maar is slegs ekonomies haalbaar as die aantal eenhede wat vervaardig moet word relatief klein is. Een van die voordele van tydelike en afskryfbare gietmetodes bo permanente oplossing is dat komplekse voorwerpe gemaak kan word omdat die gietvorm gebreek kan word.
Proses | Beskrywing | Algemene Materiale |
---|---|---|
Sandgietwerk | 'n Gietvorm word uit sand vervaardig. Die mees algemene vorm van gietwerk, relatief goedkoop maar onakkuraat en baie defekte. | Metaal |
Dopgietwerk | Soortgelyk aan Sand Gietwerk in die sin dat dit ook gebruik maak van 'n sand gietvorm maar is meer akkuraat en behels 'n ander manier om die gietvorm te maak. | Metaal |
Patroonverdampingsgietwerk | 'n Tipe giet proses waar die gietstuk rondom 'n oorspronklike patroon – wat bestaan uit 'n materiaal wat sal verdamp wanneer die gesmelte metaal in die giet holte uitgestort word – gevorm word. | Metaal |
Verlorewasgietwerk | 'n Gietvorm word vervaardig vanaf 'n oorspronklike waspatroon. Die gietvorm word verhit om van die was ontslae te raak en metaal kan in die gietvorm in gegiet word. Baie presies en arbeidsintensief. | Metaal |
Gipsgietvormgietwerk | Selfde as sand gietwerk maar gips word gebruik vir die gietvorm. Beter akkuraatheid en minder defekte as sand gietwerk | Metaal |
Keramiekgietvormgietwerk | Selfde as sand gietwerk en gips gietwerk maar keramieke word gebruik vir die gietvorm. | Metaal |
Permanente gietmetodes
wysigPermanente gietmetodes bestaan uit 'n gietstuk wat oor en oor gebruik kan word.[1] Permanente gietmetodes is in vergelyking met tydelike gietmetodes baie duurder maar kan ekonomies haalbaar wees as die aantal eenhede wat geproduseer moet word baie groot is. Die produksietempo van permanente gietmetodes is baie meer as die van tydelike gietmetodes. Proses is relatief dieselfde as die van sand gietwerk maar die gietvorm word gewoonlik van staal met hoë koolstofinhoud, gegote yster of 'n vuurvaste materiaal gemaak.
Proses | Beskrywing | Algemene Materiale |
---|---|---|
Matrysgietwerk | Metaal word in 'n gietvorm in gegiet onder hoë druk. Baie akkuraat, min defekte, duur en beperk tot metale met 'n lae smeltpunt en redelik eenvoudige vorms. Slegs hoë volumes.[2] | Metaal |
Persgietwerk ook "semisoliede gietwerk" | 'n Tipe gietproses waar die materiaal eers tot 'n mate gestol laat word en dan pers die ander halfte van die gietvorm die gietstuk tot die regte vorm. Baie fyn oppervlakdetails. | Slegs Metaal |
Sentrifugale gietwerk | Die materiaal word in 'n gietvorm getap wat teen 'n hoë snelheid gedraai word om sodoende die vloeistof na elke deel van die gietvorm te laat vloei deur die sentrifugale kragte wat daarop inwerk. | Metaal |
Bronnelys
wysig- Gietvorm – Die houer waarin die vloeibare materiaal in gegiet word. Dit het die inverse vorm van die gewenste gietstuk.
- Matrys – 'n Ouer sinoniem vir gietvorm maar word steeds in sekere gevalle gebruik om te onderskei tussen verskillende gietprosesse.
- Gietstuk – Die produk wat gelewer word deur 'n gietproses.
- Koue gietwerk – 'n Gietproses waar die materiaal nie gesmelt word nie maar net gestol laat word bv. beton en gips
Verwysings
wysig- ↑ Todd, Allen & Alting 1994, pp. 258–262.
- ↑ FAQ About Die Casting, archived from the original on 31 Maart 2014, https://web.archive.org/web/20140331033323/http://www.diecasting.org/wcm/Die_Casting/FAQ/wcm/Die_Casting/FAQ.aspx?hkey=01ccba73-b463-4980-b3b4-a2c28815a015, besoek op 04-12-2008.