Gigi Proietti
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Luigi "Gigi" Proietti (2 November 1940 – 2 November 2020) was 'n Italiaanse akteur, stemakteur, komediant, regisseur, musikant, sanger en televisieaanbieder.[1]
Gigi Proietti | |
---|---|
Proietti in 2020 | |
Gebore | Luigi Proietti 2 November 1940 |
Sterf | 2 November 2020 (op 80) |
Doodsoorsaak | Hartaanval |
Nasionaliteit | Italiaans |
Beroep | akteur, stemakteur, komediant, regisseur, musikant, sanger en televisieaanbieder |
Jare aktief | 1955–2020 |
Lewensmaat | Sagitta Alter |
Kinders | 2 |
Ouers |
|
Webwerf | https://www.gigiproietti.it |
Biografie
wysigVroeë lewe
wysigHy is gebore in Rome aan Romano Proietti, oorspronklik van Umbria, en Giovanna Ceci.[2] Tydens sy jeugjare het hy graag gesing en kitaar, klavier, trekklavier en kontrabas gespeel in verskeie Roomse nagklubs.[3] Hy skryf in vir die Regsfakulteit aan die La Sapienza Universiteit, waar hy die mimiekursusse van die Universiteitsteatersentrum bygewoon het Giancarlo Cobelli, wat dadelik sy talent as musikant raaksien en hom bespreek vir 'n avantgarde-toneelstuk.[3]
Film en teater loopbaan
wysigNa verskeie teater rolle, het Proietti in 1966 in beide bioskoop, in Pleasant Nights, en op televisie, in die TV-reeks I grandi camaleonti gedebuteer.[3] Sy eerste persoonlike sukses kom in 1971, toe hy vir Domenico Modugno vervang het in die teater musiekblyspel Alleluja brava gente deur Garinei & Giovannini, saam met Renato Rascel.[3]
Dood
wysigOp 1 November 2020, ly Proietti aan 'n hartaanval terwyl hy in die hospitaal was, nadat hulle vyftien dae tevore opgeneem is vir hartverwante probleme. Hy is na intensiewe sorg oorgeplaas waar sy toestand as kritiek beskryf is.[4] Proietti sterf die volgende oggend, in die vroeë ure van 2 November 2020, op sy 80ste verjaarsdag.[5][6]
Persoonlike lewe
wysigProietti was sedert 1962 in 'n verhouding met Sagitta Alter, 'n Sweedse toergids, saam met wie hy twee dogters gehad het, Susanna and Carlotta.[7]
Verwysings
wysig- ↑ "Gigi Proietti's dubbing contributions". Antoniogenna.net. Besoek op 11 April 2019.
- ↑ Gigi Proietti (13 November 2013). Tutto sommato: Qualcosa mi ricordo. Rizzoli. ISBN 978-8858662687.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 3,3 Enrico Lancia, Roberto Poppi. Dizionario del cinema italiano: Gli artisti. Gli attori dal 1930 ai giorni nostri. Gremese Editore, 2003. ISBN 8884402697.
- ↑ Gigi Proietti grave dopo un attacco cardiaco. È ricoverato in clinica da 15 giorni
- ↑ "Morto Gigi Proietti, addio al grande mattatore della scena italiana". La Repubblica. 2 November 2020. Besoek op 2 November 2020.
- ↑ "Addio al grande attore e doppiatore Gigi Proietti" (in Italiaans). Il mondo dei doppiatori. 2 November 2020. Besoek op 2 November 2020.
- ↑ Renato Franco (2 November 2020). "Sagitta Alter, "moglie" mai sposata di Gigi Proietti. Con l'ex guida turistica svedese 58 anni insieme e due figlie" [Sagitta Alter, Gigi Proietti's de facto wife. 58 years together and two daughters with the former Swedish tour guide]. Corriere della Sera (in Italiaans). Besoek op 2 November 2020.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gigi Proietti.
- Gigi Proietti in die Internet-rolprentdatabasis
- Gigi Proietti op Behind the Voice Actors