Giambattista della Porta
(Aangestuur vanaf Giovanni Battista Della Porta)
Giambattista della Porta (1535 - 1615), ook bekend as Giovanni Battista Della Porta en John Baptist Porta,[2] was ’n Italiaanse geleerde, veelweter en dramaturg wat in Napels gewoon het tydens die Wetenskaplike Rewolusie en die Reformasie.
Giambattista della Porta | |
Giambattista della Porta[1]
| |
Gebore | Laat 1535 Vico Equense, Italië |
---|---|
Oorlede | 4 Februarie 1615 Napels, Italië |
Vakgebied | Okkultisme, astrologie, alchemie, wiskunde, meteorologie en natuurlike filosofie |
Hy het hom tydens die grootste deel van sy lewe met wetenskap besig gehou. Sy bekendste werk, wat in 1558 vir die eerste keer gepubliseer is, was Magiae Naturalis (Natuurlike Towerkrag). Daarin het hy ’n verskeidenheid onderwerpe aangeraak wat hy ondersoek het, insluitende die okkulte, astrologie, alchemie, wiskunde, meteorologie en filosofie.
Verwysings
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Giambattista della Porta.
- ↑ Portrait of della Porta: van Jo. Bapt. Portae Neapolitani Magiae naturalis libri XX...., Napels, 1589
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2008. Besoek op 3 Mei 2014.