Gito Baloi
Gito Baloi (Maputo in Mosambiek, 1964 – Johannesburg, 4 April 2004) was 'n jazzmusikant en baskitaarspeler wat bekendheid in Suid-Afrika verwerf het as lid van die trio Tananas. Hy is om die lewe gebring deur 'n onbekende groep mans terwyl hy van 'n konsert af huis toe bestuur het. Hy word oorleef deur sy vrou, kunstenares Erika Hibbert, en sy kinders Lorha en Tiva.
Gito Baloi | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Gebore | 1964 |
Oorsprong | Maputo, Mosambiek |
Sterf | 4 April 2004 Johannesburg |
Genres | Jazzmusiek |
Beroep(e) | Musikant |
Assosiasies | Tananas |
Baloi is as 'n besondere goeie baskitaarspeler beskryf. Sy musiek is grootliks deur Mosambiekse jazz beïnvloed en hy het ook rympies in Sjangaan, Portugees en Ronga gesing.[1]
Verwysings
wysig- ↑ Tananas bied 'n diepe dimensie aan musiek Geargiveer 28 Julie 2011 op Wayback Machine, Die Burger, 27 Mei 1994.