Gladiolus cataractarum

plant spesie

Gladiolus cataractarum is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Gladiolus behoort. Die plant is endemies aan Mpumalanga en kom voor tussen Dullstroom en Lydenburg. Die plant is seldsaam en het 'n voorkomsgebied van slegs 40 km2. Dit word bedreig deur indringerplante soos die swartwattel Acacia mearnsii. Die populasie word beraam op 500 tot 'n 1000 plante.

Gladiolus cataractarum
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eensaadlobbiges
Orde: Asparagales
Familie: Iridaceae
Genus: Gladiolus
Spesie:
G. cataractarum
Binomiale naam
Gladiolus cataractarum
Oberm., (1982)

Bronne

wysig