Glansspinnekopbos

Spesie van die spinnekopbosse

Die glansspinnekopbos (Serruria candicans) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Serruria behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom vanaf Elandskloof tot by die Slanghoekberge en Paardeberg by Malmesbury. Die struik is regop en word slegs 80 cm hoog en dra blomme van Julie tot Desember.

Glansspinnekopbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Serruria
Spesie:
S. candicans
Binomiale naam
Serruria candicans
R.Br., (1810)
Sinonieme
  • Nivenia candicans R.Br.

Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei in bergfynbos en -renosterveld op hoogtes van 60 - 160 m.

In Engels staan dit as die Shiny Spiderhead bekend.

Bronnelys

wysig