Bergfynbos en -renosterveld
Die bergfynbos en -renosterveld is 'n WWF-ekostreek van Suid-Afrika.[1]
Bergfynbos en -renosterveld | ||||
Ekostreek | ||||
WWF-kode | AT1203 | |||
Lande | Suid-Afrika | |||
Bioom | Mediterreense woud, bos- en struikveld | |||
Ekosone | Afrotropiese gebied | |||
Floraryk | Capensis | |||
Oppervlakte | 45 800 km² | |||
Beskerm | % | |||
|
Die ekostreek is veral in die berge van die Wes-Kaap geleë en ongeveer 81,5% daarvan bestaan uit fynbos en 18,5% uit renosterveld.
Gebiede
wysigDit bestaan uit vier gebiede:[1]
Die berge van die weste; van die Kaap tot die Bokkeveld in die noorde. | Tafelberg, Kogelberg, Hottentots-Hollandberge, Du Toitskloof, Slanghoekberge, Hexrivier, Witsenberg, Groot-Winterhoekberge, Skurweberg, Koue Bokkeveld, Olifantsrivier, Sederberg en Gifberg. |
Die kusgebergte van die Suid-Kaap | Groenlandberg, Riviersonderendberge, Kleinrivierberge, Langeberg, Outeniekwaberge, Tsitsikammaberge, Kougaberge, Groot-Winterhoekberge, Elandsberg |
Die berge van die binneland, noord van die Klein-Karoo. | Witteberg, Klein Swartberg, Groot Swartberg, Baviaanskloof |
Die eilandberge van die Klein-Karoo. | Anysberg, Warmwaterberg, Touwsberg, Rooiberg, Gamkaberg, Kammanassieberge, Antoniesberg |
Flora
wysigDie plante van die fynbosdeel omvat vier belangrike groepe: restio's, ericoïde, proteas en geofiete. 'n Endemiese plant wat hier groei is die klipkreupelbos. Daar is min bome, hoewel die Clanwilliamseder 'n endemiese boomspesie van die hierdie streek verteenwoordig.[1]
Sandkool is van die soorte wat in die bergrenosterveld voorkom.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 "WWF AT1203" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2019.