Gliese 832 c
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Gliese 832 c is ’n eksoplaneet sowat 16 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Kraanvoël. Dit wentel in die bewoonbare sone om ’n rooidwergster, Gliese 832.[1][2]
Gliese 832 c | ||||
Eksoplaneet | ||||
’n Kunstenaarsvoorstelling van Gliese 832 c as ’n kweekhuisplaneet met ’n digte atmosfeer wat die planeet se oppervlak verdoesel. | ||||
Soort planeet | Superaarde | |||
Moederster | Gliese 832 | |||
Ster se eienskappe | ||||
Sterrebeeld | Kraanvoël | |||
Regte klimming | 21h 33m 33.9752s | |||
Deklinasie | –49° 00′ 32.422″ | |||
Afstand (ligjaar) | 16,1 | |||
Spektraaltipe | M1.5V | |||
Planeet | ||||
Massa | 5,4 M⊕ | |||
Temperatuur | 253 K | |||
Wentelperiode | 36 dae | |||
Ontdekking | ||||
Ontdekkers | Robert A. Wittenmyer et al. | |||
Status | Bevestig | |||
|
Dit is die vierde naaste moontlike bewoonbare eksoplaneet.[2] Die naaste een is Tau Ceti e, sowat 11,9 ligjare van die Aarde af.
Beskrywing
wysigGliese 832 c het ’n massa van sowat 5,4 keer dié van die Aarde. ’n Deel van sy wentelbaan is naby die binneste rand van die bewoonbare sone. Dit het vermoedelik min of meer dieselfde temperatuur as die Aarde, maar dit sal afhang van hoe ellipties sy wentelbaan is. Vanweë sy groot massa kan dit ook ’n digte atmosfeer hê en dan sal dit meer soos die planeet Venus wees – taamlik onbewoonbaar.[3][4]
Die planeet wentel elke sowat 36 dae om die ster. Hoewel dit baie nader aan sy ster is as die Aarde aan die Son, is Gliese 832 ’n rooidwerg en die planeet kry dus min of meer dieselfde energie van sy ster as die Aarde.[2]
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Wittenmyer, R. A. (21 Junie 2014). "GJ 832c: A super-earth in the habitable zone". The Astrophysical Journal. arXiv:1406.5587. Bibcode:2014arXiv1406.5587W.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 Mike Wall (25 Junie 2014), Nearby Alien Planet May Be Capable of Supporting Life, space.com, http://www.space.com/26357-exoplanet-habitable-zone-gliese-832c.html, besoek op 26 Junie 2014
- ↑ Nancy Atkinson (25 Junie 2014), Nearby Super-Earth is Best Habitable Candidate So Far, Astronomers Say, http://www.universetoday.com/112806/nearby-super-earth-is-best-habitable-candidate-so-far-astronomers-say/, besoek op 26 Junie 2014
- ↑ David Snelling (26 Junie 2014), Alien planet discovered! And it's not that far away, http://www.dailystar.co.uk/tech/385831/Gliese-832c-alien-planet-is-discovered-by-astronomers
Eksterne skakels
wysig- ’n Kunstenaarsvoorstelling van Gliese 832
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia