Goedkaroo
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Goedkaro(o) is 'n benaming vir struikies soos Ankerkaroo of Goeiekaroo , Pentzia incana, en Vaalkaroo of Bitterskaapbossie, P. globosa, wat in die Karoo benut word vir die voer van kleinvee soos bokke en skape. Dit is van belang in die gebied met 'n lae reënval van 125-250 mm per jaar om oorbenutting te vermy en die bossies en grasse toe te laat om saad te skiet. Ankerkaroo is ook in die Amerikaanse staat Arizona ingevoer vir sy eienskappe as veevoer. Dit is ook in Australië ingevoer.
Ander smaaklike Karoobosse en -struike:
Verwysings
wysig- Wes-Kaapse Departement van Landbou Geargiveer 6 Oktober 2010 op Wayback Machine