Kruisbessie
Die kruisbessie (Grewia occidentalis) is 'n klein boompie en word aangetref op die rande van woude en in oop droë veld, oop bosveld of as 'n semi-klimplant in immergroen woude. Die takke is dikwels dun en slaphangend of rankend van aard. Die blare groei drie-arig vanuit die basis. Die vrug is vierlobbig, vierkantvormig, 25 mm in deursnee en rooibruin wanneer volwasse. Die blomme is meestal ligpers en sowat 30 mm in deursnee.
Kruisbessie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | G. occidentalis
|
Binomiale naam | |
Grewia occidentalis L., (1753)
|
Subspesies
wysigDie spesie het twee subspesies:
- Grewia occidentalis var. litoralis Wild
- Grewia occidentalis var. occidentalis
Verspreiding
wysigDie boom is inheems in Eswatini, Lesotho, Mosambiek, Suid-Afrika en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die boom in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Oos-Kaap, Vrystaat en die Wes-Kaap voor.
Sien ook
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Grewia occidentalis. |
Bronne
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online