Gompou
Die gompou (Ardeotis kori) is 'n groot voël eie aan Afrika. Dit is 'n lid van die pou-familie, wat almal tot die orde Gruiformes behoort en in verspreiding beperk is tot die Ou Wêreld. Die spesifieke bynaam kori is afgelei van die Tswana-naam vir hierdie voëls – Kgori. Dit is die nasionale voël van Botswana.
Gompou | |
---|---|
'n Gompou by Nasionale Etoshawildtuin, Namibië | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. kori
|
Binomiale naam | |
Ardeotis kori |
Identifikasie
wysigDit is een van die vier spesies (wat wissel van Afrika na Indië en Australië) in die groot-geboude Ardeotis-genus. In werklikheid is die manlike gompou die swaarste lewende dier wat in staat is om te kan vlieg.
Habitat
wysigHierdie spesie, soos die meeste korhane, is 'n grondbewoner en 'n opportunistiese omnivoor.
Voortplanting
wysigMannetjiegompoue, wat meer as twee keer so swaar as die wyfies weeg, probeer met soveel henne as moontlik te paar, en help dan nie met die grootmaak van die kuikens nie. Die nes word vlak op die grond gebou, en word dikwels verberg deur nabygeleë beskuttende items soos bome.
Ander name
wysig- Engels: Kori bustard
- Wetenskaplike naam: Ardeotis kori
Fotogalery
wysig-
'n Eier van die gompou.
-
'n Kuiken in die Kgalagadi-vredespark
-
Manlike A. k. struthiunculus by Maasai Mara in Kenia
-
'n Gompoumannetjie naby Grünewald, westelike Nasionale Etoshawildtuin, Namibië
-
'n Gompoumannetjie naby Groot Okevi, oostelike Nasionale Etoshawildtuin, Namibië
-
'n Vlieënde gompou, noordoos van Windhoek, Namibië
-
'n Gompou neem 'n stofbad in die Kgalagadi-vredespark
Sien ook
wysigBronnelys
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gompou.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Gompou