Witrugnagreier
Die witrugnagreier is 'n skaars standvoël.
Witrugnagreier | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | G. leuconotus
|
Binomiale naam | |
Gorsachius leuconotus | |
Sinonieme | |
|
Identifikasie
wysigHy word aan sy swart laksmansmus, geel gesigvel, geel pote en roesbruin veredrag uitgeken. Die wit pluime word deur volwassenes en jonges gedra. Die voël word ongeveer 53 cm groot.
Habitat
wysigKom een-een of in pare ylverspreid langs stil riviere en damme voor. Skugter; skuil bedags in digte oewerplantegroei en kom net snags te voorskyn.
Verspreiding
wysigIn Suidelike Afrika kom hulle voor vanaf Knysna, al langs die kusstrook wat ooswaarts en noord-ooswaarts strek, oor KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopoprovinsie, Mosambiek en Zimbabwe, asook Noordwes en dele van Namibië , maar die grootste hoeveelheid in die pypsteel van die Okavangodelta in noord-Botswana. Daar is ook afgesonderde groepies langs die kus in die Wes-Kaap en die benede- Garieprivier.
Geluid
wysigAs hy opgejaag word, maak hy 'n padda-agtige "kraak".
Ander name
wysig- Wetenskaplike naam: Gorsachius leuconotus
- Engelse naam: "White-backed Night Heron"