Gouden Ganzenveer
Die Gouden Ganzenveer is 'n Nederlandse literatuurprys wat deur die Academie De Gouden Ganzenveer uitgereik word. Die Academie wil hiermee 'n persoon of instituut vereer vanweë sy of haar grote betekenis vir die geskrewe woord in die Nederlandse taal.
Die eerste Gouden Ganzeveer word in 1955 toegeken, by die 75-jarige bestaan van die Koninklijke Nederlandse Uitgeversbond.
Gerdi Verbeet word in 2015 voorsitter van die Academie De Gouden Ganzeveer. Sy volg Paul Schnabel op.
Pryswenners
wysig- 1955 - Koninklijke Nederlandse Akademie van Wetenschappen
- 1957 - Adriaan Barnouw, historikus
- 1960 - Jan Hendrik Oort, sterrekundige
- 1965 - Bram Hammacher, kunshistorikus
- 1980 - Herman de la Fontaine Verwey, bibliotekaris en publisis
- 1983 - Bernard Lievegoed, psigoterapeut, sosiaal-pedagoog en publisis
- 1984 - Hans Freudenthal, wiskundige
- 1985 - Jan Tinberge, ekonoom
- 1986 - Vereniging tot Behoud van Natuurmonumenten
- 1987 - Armando, skilder en skrywer
- 1988 - Lou die Jonk, historikus
- 1989 - Edward Schillebeeckx, O.P., teoloog
- 1990 - Lucas Reijnders, omgewingkundige
- 1991 - Kultureel supplement, NRC Handelsblad
- 1992 - Arthur Lehning, sosiaal-historikus en skrywer
- 1993 - Pierre H. Dubois en Simone Dubois, skrywersegpaar
- 1996 - H.J.A. Hofland, joernalis
- 1999 - Letterkundig Museum
- 2002 - Michaël Seeman, literatuurkritikus
- 2003 - Jan Blokker, skrywer en joernalis
- 2004 - Kees van Kooten, skrywer
- 2005 - Maria Goos, skryfster
- 2006 - Peter van Straaten, tekenaar en skrywer
- 2007 - Tom Lanoye, skrywer
- 2008 - Joost Zwagerman, skrywer
- 2009 - Adriaan van Dis, skrywer
- 2010 - Joke van Leeus, outeur, digter, illustrator en cabaretière
- 2011 - Remco Campert, skrywer
- 2012 - Annejet van der Zijl, skrywer
- 2013 - Ramsey Nasr, digter, skrywer, akteur, en regisseur
- 2014 - David Van Reybrouck, wetenskaplike, kultuurhistorikus, argeoloog en skrywer
- 2015 - Geert Mak, joernalis en skrywer
- 2016 - Xandra Schutte, essayis en hoofredakteur
- 2017 - Arnon Grunberg, skrywer
- 2018 - Antjie Krog, digteres
- 2019 - Ian Buruma, uitgewer
- 2020 - Abdelkader Benali, Marokkaans-Nederlands skrywer[1]
- 2021 - Margot Dijkgraaf, literatuurkritikus en skryfster[2]
- 2022 - Nelleke Noordervliet, roman- en rubriekskryfster
- 2023 - Jan Brokken, skrywer
Verwysings
wysig- ↑ Abdelkader Benali krijgt Gouden Ganzenveer NOS, 11 Januarie 2020, besoek op 12-1-2020
- ↑ "Literatuurprijs Gouden Ganzeveer naar auteur en criticus Margot Dijkgraaf". nos.nl. Besoek op 24 April 2021.