Rosyntjiebos

(Aangestuur vanaf Grewia flava)

Die Rosyntjiebos (Grewia flava) is 'n struik of klein boompie wat wydverspreid in die bosveld regdeur die binneland van Suid-Afrika voorkom, behalwe die Wes- en Oos-Kaap en 'n groot deel van Zimbabwe. Dit word ongeveer 2 m hoog en dra geel stervormige blomme en oranje-bruin vrugte wat vanaf Februarie begin ryp word. Die blare is regop met drie are vanaf die simmetriese basis en daar is silwerige hare aan die bo- en onderkant.

Rosyntjiebos
Grewia flava, loof en blomme, a, Zoutpan.jpg
Loof en blomme
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Subklas:
(geen rang):
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
G. flava
Binomiale naam
Grewia flava
DC., 1813
Sinonieme

Grewia cana
Grewia hermannioides

Die struik staan ook as die Fluweelrosyntjie(bos), Wilderosyntjie, Brandewynbessie of Wilderosyntjie bekend. Ander inheemse name sluit in: Moretla (Sotho) en brandy bush (Engels). Die boom se nasionale nommer is 459.1.[1]

Sien ookWysig

VerwysingsWysig

BronWysig

Eksterne skakelsWysig