Groen Party van Suid-Afrika
Die Groen Party van Suid-Afrika (GPSA) is 'n klein politieke party in die Wes-Kaap provinsie. Dit het soortgelyke beleid aan ander Groen Partye en is 'n lid van die Federasie van Groen Partye van Afrika.
Groen Party van Suid-Afrika | |
GPSA | |
Gestig | 1999 |
---|---|
Hoofkwartier | Noordhoek, Kaapstad, Wes-Kaap |
Ideologie | Omgewingsbewustheid |
Internasionale affiliasie | Federation of Green Parties of Africa |
Geskiedenis van Groen politiek in Suid-Afrika
wysigDie Ekologie Party is in November 1989 gestig maar het ontbind nadat dit slegs 1 800 lede verwerf het.[1]
Ian Brownlie het die Groen Party (GRP) in Julie 1992 gestig, maar dit is ontbind nadat dit nie 'n setel kon wen in die 1994 Wes Kaap provinsiale verkiesing onder die leierskap van Nathan Grant nie.[1]
Judy Sole het die Regering deur die Mense Groen Party (GPGP) in 1999 gestig en die party het verkiesings bestry as die Groen Party van Suid-Afrika (GPSA) sedert die 2000 plaaslike verkiesings. Die Cape Town Greens, die party se enigste grondwetlike assosasie, het hul ondersteuning onttrek voor die 2004 algemene verkiesing en toe ontbind.[2]
Verkiesings resultate
wysigJaar | Nasionaal | WK provinsiaal | WK |
---|---|---|---|
1994 | 2 611 (0,12%) | ||
1999 | 9 193 (0,06%) | 2 453 (0,15%) | |
2000 | ? Geargiveer 16 November 2007 op Wayback Machine | ||
2004 | 3 317 (0,21%) |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Kotzé, Hendrik Jakobus; Greyling, Anneke. Political organizations in South Africa A-Z (2 uitg.). Tafelberg. ISBN 0-624-03261-2.
- ↑ Ashton, Glenn [2004] Cape Times.
Eksterne skakels
wysig- Green Party of South Africa
- Cape Town Greens Geargiveer 16 Desember 2007 op Wayback Machine
- Gauteng Greens Geargiveer 18 April 2004 op Wayback Machine
- ECOPEACE Geargiveer 28 September 2007 op Wayback Machine