Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2000
Op 5 Desember 2000 is munisipale verkiesings in Suid-Afrika gehou om lede tot die plaaslike regeringsrade in die munisipaliteite van Suid-Afrika te verkies. Die munisipaliteite maak deel uit van die plaaslike regering van Suid-Afrika en is onderafdelings van die provinsies. Dit maak hulle verantwoordelik vir plaaslike dienslewering soos elektrisiteits- en watervoorsiening en brandweerdienste.
Alle groot politieke partye, met die uitsondering van die SAKP wat lede van die "drieparty-alliansie" is, het kandidate bekend gestel. Die verwagte wenner, die ANC het die meeste setels gewen met 61.76% van die stemme.[1]
Gedetailleerde nasionale uitslae
wysigParty | Totaal | % |
---|---|---|
African National Congress | 8 868 597 | 61.76% |
Demokratiese Alliansie | 2 812 741 | 19.59% |
Inkatha Vryheidsparty | 1 458 270 | 10.15% |
United Democratic Movement | 389 389 | 2.71% |
Pan Africanist Congress of Azania | 207 438 | 1.44% |
United Christian Democratic Party | 167 438 | 1.17% |
Afrika Christen Demokratiese Party | 147 688 | 1.03% |
Azanian People's Organisation | 36 741 | 0.26% |
Minority Front | 26 499 | 0.18% |
Totaal | 14 237 827 | 100.0% |