Groenlandsee
Die water wat die wes van Groenland grens, die Svalbard argipel na die oos, suid van die Fram straight
Groenlandsee | |
---|---|
'n Ysberg in die Groenlandsee | |
Kaart van die Groenlandsee | |
Koördinate: | 76°N 8°W / 76°N 8°W |
Ligging: | Groenland, Noorweë, Ysland |
Soort: | See van die Atlantiese Oseaan |
Oppervlakte: | 465 000 km² (1 205 000 myl²) |
Gemiddelde diepte: | 1 450 m (4 750 vt) |
Maksimum diepte: | 4 800 m (16 000 vt) |
Volume: | 1 747 250 km³ |
Eiland/e: | Groenland, Jan Mayen, Svalbard, Ysland |
Nedersettings: | Ittoqqortoormiit, Longyearbyen |
Die Groenlandsee (Deens en Noors: Grønlandshavet, Yslands: Grænlandshaf) is 'n see van die Atlantiese Oseaan tussen Groenland in die weste, Svalbard in die noordooste, Jan Mayen in die suide en Ysland in die suidweste. Die Groenlandsee grens aan die Noorse See in die suidooste, die Arktiese Oseaan in die noorde en die Barentssee in die ooste. Die Groenlandsee word deur die Straat van Denemarke tussen Groenland en Ysland met die Atlantiese Oseaan in die suidweste en deur die Fram-straat tussen Groenland en Svalbard met die Wandelsee in die noorde verbind. Die see het 'n oppervlakte van sowat 465 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 1 450 m.[1]
Belangrike nedersettings aan die see is Ittoqqortoormiit op Groenland en Longyearbyen op Svalbard.
Verwysings
wysig- ↑ "Greenland Sea" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 25 Maart 2018.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Groenlandsee.