Grofskubpantserakkedis
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Grofskubpantserakkedis (Gerrhosaurus major) is 'n akkedis wat voorkom in Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal. Die reptiel is 25 tot 30 cm lank en leef in skeure in klipbanke en termiethope. Die reptiel is middelgroot met 'n platlyf, kort bene en 'n langstert. Die skubbe is gerand en grof wat dit 'n gepantserde voorkoms gee. Die volwasse akkedis is 'n dowwe strooikleur en die onvolwassenes is helderder.
Grofskubpantserakkedis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | G. major
|
Binomiale naam | |
Gerrhosaurus major |
Hulle leef van insekte, koggelmanders, geitjies, vye en bessies.
Bron
wysig- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Grofskubpantserakkedis.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Grofskubpantserakkedis