Maak hoofkeuseskerm oop

Die Grootrooibandsuikerbekkie (Cinnyris afer; sinoniem Nectarinia afra) is 'n algemene standvoël in Suid-Afrika. In Engels staan dit as die Greater Double-collared Sunbird bekend.

Grootrooibandsuikerbekkie
(ook Grootrooiborssuikerbekkie)
Greater Double-Collared Sunbird.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
C. afer
Binomiale naam
Cinnyris afer
(Linnaeus, 1766)

IdentifikasieWysig

 
'n Grootrooibandsuikerbekkie

Die voëls is 14 cm lank. Hulle het 'n helder glans-groen kop en bo-rug, met 'n blou streep onder groen gedeelte gevolg deur 'n groot helder glans-rooi bors aan die onderkant. Die res van die onderkant is bruin-grys met bruin vlerke. Hierdie spesie is groter as die Kleinrooibandsuikerbekkie, het 'n langer snawel en groter rooi band op die bors. Die vroulike suikerbekkie het 'n grys-bruin bokant en grys-geel onderkant.

HabitatWysig

Fynbos, immergroen bos en rande van woude.

VerspreidingWysig

Kom voor in die kus-gebiede van Suid-Afrika vanaf Kaapstad tot die Suid-kus en verder noord langs die Drakensberge tot in die noorde van die land. Daar is twee subspesies:

  • C. a. saliens: in oostelike Suid-Afrika.
  • C. a. afer: in suidelike Suid-Afrika.

GeluidWysig

'n Skerp Tjoet-tjoet-tjoet geluid.

Sien ookWysig