Gruppo Bertone
Gruppo Bertone, ook bekend as Bertone, was 'n Italiaanse motorvervaardiger wat gespesialiseer het in die ontwerp en kontrak-vervaardiging van voertuie. Bertone het motors ontwerp vir onder andere Abarth, Alfa Romeo, Aston Martin, Citroën, Ferrari, Fiat, Iso, Lancia, Lamborghini, Mercedes-Benz, Opel en Volvo.
Bertone | |
Tipe | |
---|---|
Gestig | 1912 |
Hoofkantoor | Turin, Italië |
Sleutelpersone | Giovanni Bertone (stigter) Lilli Bertone (hoof- uitvoerende beampte) |
Industrie | Motorvervaardiger |
Produkte | motorvoertuie |
Webwerf | Bertone.it |
Die maatskappy was gebaseer in Grugliasco in noordelike Italië. "Gruppo Bertone" is gestig as Carrozzeria Bertone in 1912 deur Giovanni Bertone. Die ontwerper Nuccio Bertone het beheer van die maatskappy oorgeneem na die Tweede Wêreldoorlog en die maatskappy was verdeel in twee eenhede: Carrozzeria vir vervaardiging en Stile Bertone for motor-bakwerk ontwerp. Tot en met die bankrotskap in 2014 was die maatskappy beheer deur Lilli Bertone, die weduwee van Nuccio Bertone.
Motorontwerpe
wysig- Abarth 1500 Biposto
- Alfa Romeo 2000 Sportiva
- Alfa Romeo BAT 5
- Alfa Romeo BAT 7
- Alfa Romeo BAT 9
- Alfa Romeo BAT 11
- Alfa Romeo Bella
- Alfa Romeo Montreal
- Alfa Romeo Navajo
- Alfa Romeo Pandion
- Alfa Romeo Sportut
- Aston Martin DB4 GT Jet
- Aston Martin Rapide Jet 2+2
- Aston Martin Vanquish Jet 2
- Autobianchi A112 Runabout
- Bertone Birusa
- Bertone Blitz
- Bertone Cadillac Villa
- Bertone Fiat Barchetta
- Bertone Kayak
- Bertone Mantide
- Bertone Nuccio
- Bertone Porsche Karisma
- Bertone Pickster
- Bertone Slim
- Bertone Suagnà
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Gruppo Bertone. |