Alpha Lacertae
Alpha Lacertae (afgekort as α Lac) is ’n ster in die sterrebeeld Akkedis (Lacerta)[7] en sowat 103 ligjare van die Son af.[2]. Met ’n skynbare magnitude van 3,76 is dit die Akkedis se helderste ster.[3] Die ster beweeg teen ’n radiale snelheid van -4,5 km/s nader aan ons.[8]
Alpha Lacertae | ||||
Alpha Lacertae in optiese lig. | ||||
Sterrebeeld | Akkedis | |||
Spektraaltipe | A1 V[1] | |||
Soort | Hoofreeksster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 22h 31m 17.50131s[2] | |||
Deklinasie | +50° 16′ 56.9682″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 3,76[3] | |||
Absolute magnitude (M) | 1,27[3] | |||
B-V-kleurindeks | 0,031±0,003[3] | |||
U-B-kleurindeks | 0.00[4] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 2,194[5] | |||
Radius (R☉) | 2,1432±0,0737 | |||
Ligsterkte (L☉) | 27,6750±0,2138 | |||
Ouderdom (jaar) | 400 miljoen | |||
Temperatuur (K) | 9 050±157 | |||
Afstand (ligjaar) | 103 | |||
Rotasiespoed (km/s) | 128[6] | |||
Ander name | ||||
7 Lacertae, ADS 16021 A, BD+49°3875, J22313+5017A, FK5 848, GC 31471, HD 213558, HIP 111169, HR 8585, SAO 34542, CCDM J22139+3943[7] | ||||
|
Dit is ’n A-tipe hoofreeksster met ’n sterreklassifikasie van A1 V,[1] wat beteken dit verbrand nog waterstof in sy kern. Die ster is sowat 400 miljoen jaar oud[5] en het ’n relatief vinnige rotasiespoed van sowat 128 km/s.[6] Sy massa en radius is sowat 2,1 keer die Son s'n. Sy ligsterkte is amper 28 keer dié van die Son en dit het ’n effektiewe temperatuur van 9 050 K.[5] Die ster se Bayer-naam is "Alpha Lacertae" en sy Flamsteed-naam is "7 Lacertae".
Alpha Lacertae het ’n visuele metgesel 36 boogsekondes van hom af.[9] CCDM J22313+5017B is van spektraaltipe A en het ’n skynbare magnitude van 11,8. Dit is waarskynlik ’n optiese toeval.[4]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Cowley, A. et al. (April 1969), "A study of the bright A stars. I. A catalogue of spectral classifications", Astronomical Journal 74: 375–406, doi:10.1086/110819, Bibcode: 1969AJ.....74..375C.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 Van Leeuwen, F. (2007), "Validation of the new Hipparcos reduction", Astronomy and Astrophysics 474 (2): 653–664, doi:10.1051/0004-6361:20078357, Bibcode: 2007A&A...474..653V.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 3,3 Anderson, E.; Francis, Ch. (2012), "XHIP: An extended hipparcos compilation", Astronomy Letters 38 (5): 331, doi:10.1134/S1063773712050015, Bibcode: 2012AstL...38..331A.
- ↑ 4,0 4,1 HR 8585, database entry, The Bright Star Catalogue, 5th Revised Ed. (Preliminary Version), D. Hoffleit and W. H. Warren jr., CDS ID V/50. Besoek op 3 September 2008.
- ↑ 5,0 5,1 5,2 Boyajian, Tabetha S. et al. (July 2013), "Stellar Diameters and Temperatures. III. Main-sequence A, F, G, and K Stars: Additional High-precision Measurements and Empirical Relations", The Astrophysical Journal 771 (1): 31, doi:10.1088/0004-637X/771/1/40, 40, Bibcode: 2013ApJ...771...40B. Sien tabel 3.
- ↑ 6,0 6,1 David, Trevor J.; Hillenbrand, Lynne A. (2015), "The Ages of Early-type Stars: Strömgren Photometric Methods Calibrated, Validated, Tested, and Applied to Hosts and Prospective Hosts of Directly Imaged Exoplanets", The Astrophysical Journal 804 (2): 146, doi:10.1088/0004-637X/804/2/146, Bibcode: 2015ApJ...804..146D.
- ↑ 7,0 7,1 "HD 211073". Simbad. Centre de données astronomiques de Strasbourg. Besoek op 2 Februarie 2019.
- ↑ Gontcharov, G. A. (November 2006), "Pulkovo Compilation of Radial Velocities for 35495 Hipparcos stars in a common system", Astronomy Letters 32 (11): 759–771, doi:10.1134/S1063773706110065, Bibcode: 2006AstL...32..759G.
- ↑ Entry 22313+5017, discoverer code BU 703, The Washington Double Star Catalog Geargiveer 8 September 2008 op Wayback Machine, United States Naval Observatory. Besoek op 3 September 2008.
Eksterne skakels
wysig- Kaler, James B., "Alpha Lac", Stars (University of Illinois), http://stars.astro.illinois.edu/sow/alphalac.html, besoek op 2019-02-04.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia