Hamilton John Goold-Adams
Sir Hamilton John Goold-Adams (27 Junie 1858 – 12 April 1920) was Luitenant-goewerneur van die Oranjerivierkolonie. Hy is gebore in 1858. In Suid-Afrika veg hy in sir Charles Warren se ekspedisie van 1884 teen die Betsjoeanas en hy het as majoor bevel gevoer oor die Veldmag in die 1893 Matabele-oorlog. In 1895 word hy majoor in die 1ste bataljon van die Royal Scots en Resident-kommissaris vir Betsjoeanaland. Hy dwing respek af by alle rasse met sy takt en bekwaamheid. Hy onderskei hom tydens die Beleg van Mafeking tydens die Tweede Vryheidsoorlog en van 1901 tot 1910 was hy die Luitenant-goewerneur van die Oranjerivierkolonie. Hy beleef die instelling van verantwoordelike bestuur en die voorbereidsels vir die Nasionale Konvensie en Uniewording. Hy sterf op 12 April 1920.
Hamilton John Goold-Adams | |
Hamilton Goold-Adams in 1915 | |
12de Luitenant-goewerneur van Queensland
| |
Ampstermyn 15 Maart 1915 – 3 Februarie 1920 | |
Monarg | George V |
---|---|
Voorafgegaan deur | William MacGregor |
Opgevolg deur | Matthew Nathan |
3de Luitenant-goewerneur van die Oranjerivierkolonie
| |
Ampstermyn 7 Junie 1907 – 31 Mei 1910 | |
Monarg | Edward VII |
Voorafgegaan deur | William Palmer |
Opgevolg deur | Amp afgeskaf |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Cork, Ierland | 27 Junie 1858
Sterf | 12 April 1920 (op 61) Kaapstad, Kaapprovinsie, Unie van Suid-Afrika |
Eggenoot/-note | Elsie Riordon |
Kind(ers) | Richard John Moreton Goold-Adams Elizabeth Mary Goold-Adams |
Bron
wysig- Rosenthal, Eric Ensiklopedie van Suidelike Afrika 1967
- le Roux, C.J.P.: Sir Hamilton John Goold-Adams en die Oranjerivierkolonie, 1901 - 1910. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 35, nr. 1, Januarie 1986
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hamilton John Goold-Adams.