Betsjoeanaland
- Hierdie artikel handel oor die Britse protektoraat in die huidige Botswana. Vir die protektoraat in die huidige Suid-Afrika, sien Brits-Betsjoeanaland.
Betsjoeanaland (Engels: Bechuanaland), amptelik die Betsjoeanaland Protektoraat (Bechuanaland Protectorate), is die voormalige naam tot op 30 September 1966 met die onafhanklikwording van Botswana, toe die gebied 'n protektoraat onder Britse beskerming was.[1]
| ||||
Volkslied: God Save the King/Queen | ||||
'n Kaart van 1885 wat die protektoraat voor die skepping van die Kroonkolonie Brits-Betsjoeanaland en die Helgoland-Zanzibar-Verdrag vertoon | ||||
Hoofstad | Mafeking (1885–1965) Gaborone (1965) | |||
Taal/Tale | Engels (amptelik) Setswana, Kalanga, Noord-Ndebele (wyd versprei) | |||
Godsdiens | Anglikanisme, Metodisme, Badimo | |||
Regering | Monargie | |||
Monarg | ||||
- 1885–1901 | Victoria | |||
- 1901–1910 | Edward VII | |||
- 1910–1936 | George V | |||
- 1936 | Edward VIII | |||
- 1936–1952 | George VI | |||
- 1952–1966 | Elizabeth II | |||
Historiese tydperk | Wedloop om Afrika | |||
- Stigting | 31 Maart 1885 | |||
- Uitgebrei | 1890 | |||
- Onafhanklikheid | 30 September 1966 | |||
Oppervlakte | ||||
- 1965 | 581 730 km2 224 607 sq mi | |||
Bevolking | ||||
- 1965 skatting | 600 000 | |||
Digtheid | 1 /km² 2,7 /sq mi | |||
Geldeenheid | Pond sterling (1885–61) Rand (1961–66) |
Betsjoeanaland het onder Europese beheer gekom in 1885 toe genl. sir Charles Warren die gebied beset het om te keer dat die Zuid-Afrikaansche Republiek of Duitse magte in Duits-Suidwes-Afrika die gebied annekseer. Betsjoeanaland was uniek in dié opsig dat sy gebiedshoofstad, Mafikeng, buite die gebied in die destydse Kaapprovinsie geleë was. Met onafhanklikwording het die hoofstad in 1965 Gaborone geword.
Verwysings
wysig- ↑ "Botswana profile". BBC News (in Engels). 9 Augustus 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020.