Hanna Grobler
Hanna Grobler (gebore 1982–) is 'n Suid-Afrikaanse aktrise. Sy is veral bekend vir haar rol as Kiki Beltrame in kykNET se dramareeks, Getroud met Rugby. Sy was ook al in stukke soos 7de Laan, Binnelanders, Johnny en die Maaiers, Doen met 'n Miljoen en Askies te sien.
Hanna Grobler | |
Geboorte | 15 Januarie 1982 Pretoria |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Aktrise |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Biografie
wysigGrobler is op 15 Januarie 1982 in die Moedersbond in Pretoria gebore. Sy gaan skool by Laerskool Skuilkrans en matrikuleer aan die Pro Arte Hoërskool. Na skool verwerf sy 'n BA-dramagraad van die Universiteit van Stellenbosch.
Filmografie
wysig- Konfetti, 2014 as Monique Voster
- Somer Son, 2015 as Terry
- Plain Jane: Ampie du Preez (Short), 2014 as City Girl
- As jy sing, 2013 as Cecelia Bredenkamp
- 100 meter Leeuloop, 2013
- Platteland, 2011 as Louise Ferreira
- Getroud met Rugby: Die Onvertelde Storie, 2011 as Kiki
- Bakgat! II, 2010 as meisie in badkamer
- Getroud met rugby (TV-reeks), 2009 as Kiki