Platteland (rolprent)
Platteland is 'n Afrikaanse musiekrolprent wat in Vrede en omgewing deur die Mozi-platemaatskappy en Philo-films vervaardig is. Die regisseur is Sean Else. Die rolprent het op 12 November 2011 in teaters begin draai.[1]
Platteland | |
---|---|
Regisseur | Sean Else |
Produksieleier | Johan Kruger |
Draaiboek | Sean Else Deon Opperman |
Met | Steve Hofmeyr Lianie May Bok van Blerk |
Musiek deur | Johan Vorster Deveroux van der Hoven |
Kinematografie | Brendan Keyser |
Redigeerder | James Carroll |
Ateljee | Mozi-platemaatskappy Philo-films |
Uitgereik | 12 November 2011 |
Speeltyd | 120 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Eietydse musiektreffers is in die storielyn ingeweef, insluitende: Melanie (Jay), Tyd om te Trek (Bok van Blerk), Vergeet My Nie (Lianie May), Pa en Seun (Steve Hofmeyr en Bok van Blerk) en Sweet Dreams (Karlien van Jaarsveld).
Genre
wysigDie rolprent is 'n drama en musiekblyspel.
Hoofrolspelers
wysig- Steve Hofmeyr as Mike Ferreira
- Lianie May as Riana van Niekerk
- Bok van Blerk as Dirk Pretorius
- Jay du Plessis as Jakes Ferreira, Mike se seun
- Karlien van Jaarsveld as Rolene Ferreira, Mike se dogter
- Vaughan Gardiner as Wian van Niekerk, Riana se broer
- Ivan Zimmermann as Pieter Naude
- Hanna Grobler as Louise Ferreira
- David Clatworthy as Attie Ferreira
- Wynand van Vollenstee as Bennie Ferreira
- Andre Odendaal as Rot (as André Odendaal)
- Neels Clasen as Mossie
- Ashley Saunders as Tenk
- Paul Lückhoff as Frik de Klerk
- Izak Davel as Francois de Klerk
- Cobus Visser as Oom Martiens
- Annette Engelbrecht as Tannie Sanet
- Vilje Maritz as Wynand
- Nathaniel Ramabulana as sersant Dlamini
- Neels Coetzee as Oom Louwtjie
- Natisha van Zyl as Melanie
- Dirk Stoltz as onderwyser
Storielyn
wysigRiana van Niekerk doen alles in haar vermoë om hulle familieplaas te behou nadat haar ouers wreed vermoor is. Mike Ferreira besit die dorp en sal enige iets denkbaar doen om die grond in die hande te kry. Dirk Pretorius, 'n swerwer met sy eie geheime, kom tot hulle redding.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Steve-fliek versteur rus in Vrede Geargiveer 22 Januarie 2011 op Wayback Machine, Nuus24, 19 Januarie 2011.