Hantam-Karoo
Die Hantam is ‘n streek op ‘n hoë plato rondom die dorp Calvinia. Aan die westekant grens dit aan Namakwaland en die Bokkeveldberge, noordwaarts aan Boesmanland, suidwaarts loop dit tot by die Roggeveldberge. Die Hantamberg verdeel die plato in die Voor- en Agter-Hantam. Calvinia lê aan die suidelike voet van die berge. Boerdery is hoofsaaklik beperk tot merinoskape. Die Hantam Plaaslike Munisipaliteit beslaan 'n baie wyer gebied as die werklike Hantam.
Bibliografie
wysig- Green, Lawrence G.: Frontier Country. In: When the journey's over. Kaapstad: Howard Timmins, 1972. ISBN 0-86978-030-1