Harigestylsepter
plant spesies
Die Harigestylsepter (Paranomus adiantifolius) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Paranomus behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit by Wolfieskop in die Riviersonderendberge, Groenlandberg en Houhoek voorkom.
Harigestylsepter | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Paranomus |
Spesie: | P. adiantifolius
|
Binomiale naam | |
Paranomus adiantifolius Salisb. ex Knight, (1809)
| |
Sinonieme | |
|
Die struik word tot 1.7 m hoog en blom hoofsaaklik van September tot November. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Die vrugte word, twee maande nadat die plant geblom het, ryp en die sade val na die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei in sandsteengrond op hoogtes van 500 - 1000 m.
In Engels staan die struik as die Hairy-style sceptre bekend.