Hawker Siddeley Nimrod
Die Hawker Siddeley Nimrod was 'n Britse maritieme verkenningsvliegtuig. Ontwerp aan die vliegtuig het in 1964 begin met die doel om die verouderde Avro Shackletons te vervang. Die ontwerp van die romp se raamwerk was gebaseer op die De Havilland Comet. 'n Stoorplek van 15,8 m³ onder die romp vir wapens en elektroniese toerusting skep die indruk van 'n dubbeldekkerromp.
Hawker Siddeley Nimrod | |
---|---|
Tipe | Maritieme verkenning |
Vervaardiger | Hawker Siddeley BAE Systems |
Nooiensvlug | 23 Mei 1967 |
Onttrek | 28 Junie 2011 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruiker | Britse Lugmag |
Aantal gebou | 49 + 2 prototipes |
Ontwikkel van | De Havilland Comet |
Die Britse regering het in 1965 toestemming verleen vir die projek om voort te gaan en twee prototipes, wat omskep is van die Comet, het reeds in 1967 gevlieg. Die eerste prototipe het sy nooiensvlug op 23 Mei 1967 onderneem en die produksiemodelle is in 1969 in diens gestel. Die Nimrod se ontwerp was rewolusionêr vir sy tyd aangesien patrollievliegtuie turboskroefmotore gebruik het.
Die Nimrod doen die volgende take: seeoppervlakverkenning, anti-skeeps en anti-duikboot oorlogvoering. In die anti-duikboot rol kan duikbote die vibrasies wat turboskroefmotore het bespeur, terwyl die Nimrod se straalmotore feitlik onbespeurbaar is. Die vliegtuig kan 'n verskeidenheid wapens dra: Stingray-torpedo's, Harpoon anti-skip missiel en Sidewinder infrarooimissiel vir selfverdediging of aanval. Dit kan ook sy eie chaff (metaalstrokies) en fakkels dra as verdediging teen inkomende missiele.
In die vroeë 1980's is die vliegtuig opgradeer na tipe MR2 deur die verkenningstoerusting te verbeter en op te gradeer.
Operasionele diens
wysigDie Nimrod het in die Falklandoorlog en beide die Golfoorlog en Irakse Oorlog diens gedoen. Tydens die Falklandoorlog het 'n hervulkoppeling standaardtoerusting geword.
Die MR4 model sou feitlik 'n nuwe vliegtuig gewees het maar is gekanselleer weens hoê koste en vertragings. In die 1970's was drie Nimrods opgradeer na R1 modelle. Al die verkenningstoerusting is verwyder en die vliegtuig is toegerus met elektroniese afluistertoerusting.
Tegniese besonderhede
wysigItem | Statistiek |
---|---|
Aantal motore | 4 |
Tipe motor | Straalmotor |
Vervaardiger | Rolls-Royce turbowaaier |
Kraglewering per motor | 5 511 kg stukrag |
Vlerkspan | 35,0 m |
Lengte | 38,63 m |
Hoogte | 9,05 m |
Vlerkoppervlakte | 197,0 m2 |
Maks. opstygmassa | 80 585 kg |
Maks. snelheid | 926 km/h |
Operasionele hoogte | 12 810 m |
Togafstand | 8 045 km |
Klimvermoë | Onbekend |
Bewapening | Maksimum bomvrag van 6 129 kg insluitend Harpon anti-skip en Sidewinder missiele |
Bron
wysig- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9