Hectorspruit
dorp in Mpumalanga, Suid-Africa
Hectorspruit is 'n dorpie in die ooste van Mpumalanga, Suid-Afrika. Die dorp is tussen die dorpe Kaapmuiden en Komatipoort geleë.
Hectorspruit | |
---|---|
'n Straat in Hectorspruit | |
Koördinate: 25°26′S 31°41′O / 25.433°S 31.683°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Ehlanzeni |
Munisipaliteit | Nkomazi |
Oppervlak | |
• Totaal | 10,26 km2 (3,96 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 3 096 |
• Digtheid | 302/km2 (780/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 20.8% |
• Indiërs/Asiërs | 0.4% |
• Bruin mense | 0.8% |
• Swart mense | 77.9% |
• Ander | 0.1% |
Taal (2011) | |
• Swazi | 55.0% |
• Afrikaans | 18.6% |
• Tsonga | 17.0% |
• Engels | 4.1% |
• Ander | 5.3% |
Poskode (strate) | 1330 |
Skakelkode | 013 |
Geskiedenis
wysigDie dorp lê op die oewer van die Hectorspruit, 'n sytak van die Krokodilrivier. Die spruit het weer sy naam van die hond van Servaas de Kock gekry. De Kock was die landmeter wat die Pretoria-Delagoabaai-spoorlyn opgemeet het. Die spoorlyn het die dorp in 1891 bereik.
Nadat President Paul Kruger die Zuid-Afrikaansche Republiek verlaat het op 11 September 1900 het die Boere die Tweede Vryheidsoorlog in guerillavorm uit hierdie dorpie voortgesit.
Distrik
wysigDaar word suikerriet, groente en subtropiese vrugte in die distrik verbou.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Hectorspruit". Sensus 2011.