Hengel
Hengel is 'n metode van visvang met 'n hoek. Die hoek word gewoonlik aan 'n vislyn gebind en die lyn aan 'n visstok vasgemaak. Die visstok is meestal van 'n katrol voorsien wat gebruik word om die vislyn te stoor, uit te gooi en terug te katrol. Kunsaas of lokaas word aan die hoek geplaas vir die visse om aan te byt.
'n Dobbertjie (polisieman) word soms aan die lyn gebind om te sien as 'n vis byt. Wanneer die vis dan wel byt, moet die visstok vinnig en hard opgetel word (ook bekend as "kap" of "slaan"). Met laasgenoemde aksie word die skerp hoek in die vis se lip ingeforseer en daarna begin die hengelaar om die vis "moeg te speel" en hom in te trek wal toe.
Op hierdie stadium is die vis se enigste verweer teen die hengelaar om te hoop die hoek skeur los, of die lyn breek af nadat dit teen skerp onderwaterrotse geskuur het. In menige gevalle is 'n pas-gevange vis selfs deur 'n groter vis opgevreet of verskeur voordat dit aan wal gebring kon word.
Aas
wysigKunsaas
wysig- Lepel
- Vlieg
Die kunsaas wat aan die lyn se punt vasgemaak is, word in die water gegooi met behulp van 'n katrol aan die stok, maar daarna nie laat sak tot op die bodem nie; dit word dadelik weer stadig in katrol. Die vorm (en voorkoms in die water) van die kunsaas bepaal of die vis wat gehengel word gaan belangstel om te byt of nie. Daar is letterlik duisende verskillende ontwerpe en materiale wat deur gesoute vissermanne gemaak en gebruik word tydens die hengelproses. Elke indiwidu glo egter syne is net die regte kombinasie van kleur, fatsoen en gewig om die truuk te doen waar hy vandag hengel.
Lewendige aas
wysigVerskillende hengelplekke
wysigVarswaterhengel
wysig- Dam of rivier. Die hengelaar sit en vang langs die oewer.
- Boot. Die voordeel hier is dat vis dieper in die bron bereik word, en die aas kan ook getrek word deur die water, terwyl die boot se motor stadig luier.
- Vang en loslaat. Dit raak al hoe gewilder wêreldwyd, en het ten doel om skaars visbevolkings teen moontlike uitwissing te beskerm.
Seehengel
wysig- Diepseehengel, meestal vir sportvissoorte
- Branderhengel vanaf 'n seestrand
- Rotshengel. Sekere vissoorte, bv. elwe, byt slegs naby rotse, omdat dit hul natuurlike habitat is.
Hengelgerei
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Angling. |
-
Verskillende vishoeke.
-
'n Drieankerhoek.
-
Verskeidenheid van lepels vir forelle.
-
Green Highlander is 'n kunsvlieg wat goed werk vir salm.
-
'n Kunsvlieg met 'n rooi merker.
-
Dobbertjies, wat die lyn bo die water hou.
-
'n Viskatrol (hierdie een 'n "koffiemeul" genoem) se onderdele.
-
'n Klomp nette