Herculaneum
Herculaneum (Italiaans: Ercolano) was 'n antieke Romeinse stad aan die Golf van Napels in Kampanië wat net soos Pompeii en Stabiae tydens die uitbarsting van die vulkaan Vesuvius onder vulkaniese rotse en as begrawe is. Dit was op 24 Augustus 79 tydens keiser Titus se bewind. Die nabygeleë moderne stad het sy oorspronklike naam Resina in 1969 gewysig tot Ercolano. Die Argeologiese terreine van Pompeii, Herculaneum en Torre Annunziata is in 1997 deur Unesco as wêrelderfenisgebiede gelys.
Argeologiese terreine van Pompeii, Herculaneum en Torre Annunziata* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Die huidige ruïnestad met die moderne Ercolano in die agtergrond | |
Posisie van Herculaneum in Italië | |
Koördinate: 40°48′22″N 14°20′51″O / 40.80611°N 14.34750°O | |
Lande | Italië |
Tipe | Kultureel |
Kriteria | iii, iv, v |
Verwysings | 829 |
Streek† | Europa |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1997 (21ste Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Herculaneum.