Hertog van Cambridge
Die Hertog van Cambridge is ’n oorerflike Britse adellike titel. Die titel (genoem na die stad Cambridge in Engeland) word geërf deur manlike afstammelinge van die titelhouer deur eersgeboortereg.
Hertog van Cambridge | |
---|---|
Die wapen van prins William, Hertog van Cambridge.
| |
Geskep | 29 April 2011 (vyfde keer) |
Monarg | Elizabeth II |
Eerste houer | James Stuart |
Huidige houer | Prins William |
Ander titels | Graaf van Strathearn baron Carrickfergus |
Status | In gebruik |
Die titel dateer van die 17de eeu en het die vroeëre titel Graaf van Cambridge vervang. Die titel was verskeie kere in onbruik voordat dit op 29 April 2011 weer ná meer as 100 jaar aan prins William toegeken is op die dag dat hy met Kate Middleton getrou het.
Geskiedenis
wysigDie titel is die eerste keer toegeken aan Charles Stuart, die oudste seun van die Hertog van York (later koning James II). Hy was egter nooit amptelik die Hertog van Cambridge nie omdat hy op ses maande dood is. Die eerste amptelik erkende houer vanaf 1664 was James Stuart, die tweede oudste seun van die Hertog van York. Hy is egter in 1667 op driejarige ouderdom dood en die titel het in onbruik geraak. Later daardie jaar is dit toegeken aan die Hertog van York se derde oudste seun, Edgar, maar hy is in 1671 dood, ook op driejarige ouderdom. Die hertog se oudste seun by sy tweede vrou, Charles, sou ook die titel kry, maar hy is in 1677 op ’n maand oorlede.
In 1706 is die titel herskep en toegeken aan George Augustus, seun van die latere koning George I. Toe George Augustus die troon as koning George II bestyg, het die titel met die kroon saamgesmelt.[1]
Die titel is weer herskep en aan prins Adolphus, die sewende oudste seun van koning George III toegeken.[2] Sy enigste seun, prins George, het dit in 1850 geërf. Sy huwelik was agter ’n oortreding van die Royal Marriages Act van 1772; sy huwelik was dus onwettig en sy seuns buite-egtelik. Ná sy dood in 1904 het die titel weer in onbruik geraak.[3]
Op 29 April 2011, die dag van prins William se troue met Kate, is aangekondig prins William het die titel Hertog van Cambridge gekry, asook die titels Graaf van Strathearn en baron Carrickfergus. Met die troonbestyging van sy pa, Charles III, op 8 September 2022 het William die bykomende titel "Hertog van Cornwall", 'n ou titel van sy pa, gekry.[1]
Hertoë van Cambridge
wysigEerste skepping, 1664
wysigNaam | Foto | Gebore | Huwelik | Dood |
---|---|---|---|---|
James Stuart Huis van Stuart 1664-1667 ook: Graaf van Cambridge en baron Dauntsey (1664) |
12 Julie 1663 Londen seun van James II van Engeland en Anne Hyde |
ongetroud | 20 Junie 1667 Londen |
Tweede skepping, 1667
wysigNaam | Foto | Gebore | Huwelik | Dood |
---|---|---|---|---|
Edgar Stuart Huis van Stuart 1667-1671 ook: Graaf van Cambridge en baron Dauntsey (1667) |
14 September 1667 Londen seun van James II en Anne Hyde |
ongetroud | 8 Junie 1671 Londen |
Derde skepping, 1706
wysigNaam | Foto | Gebore | Huwelik | Dood |
---|---|---|---|---|
Prins George Huis van Hannover 1706-1727 ook: Markies van Cambridge, Graaf van Milford Haven, burggraaf Northallerton en baron Tewkesbury (1706-1714); Prins van Wallis (1714), Hertog van Cornwall (1337) en Hertog van Rothesay (1398) |
30 Oktober / 9 November 1683 Hannover seun van koning George I en Sophia Dorothea van Celle |
22 Augustus 1705 Caroline van Ansbach 10 kinders |
25 Oktober 1760 Londen |
Vierde skepping, 1801
wysigNaam | Foto | Gebore | Huwelik | Dood |
---|---|---|---|---|
Prins Adolphus Huis van Hannover 1801-1850 ook: Graaf van Tipperary en baron Culloden (1801) |
24 Februarie 1774 Londen seun van koning George III en Charlotte van Mecklenburg-Strelitz |
18 Junie 1818 Prinses Augusta van Hesse-Kassel 3 kinders |
8 Julie 1850 Londen | |
Prins George Huis van Hannover 1850-1904 ook: Graaf van Tipperary en baron Culloden (1801) |
26 Maart 1819 Hannover seun van prins Adolphus en prinses Augusta van Hesse-Kassel |
8 Januarie 1847 Sarah Fairbrother 3 kinders |
17 Maart 1904 Londen |
Vyfde skepping, 2011
wysigNaam | Foto | Gebore | Huwelik | Dood |
---|---|---|---|---|
Prins William Huis van Windsor 2011-tans ook: Graaf van Strathearn en baron Carrickfergus (2011) |
21 Junie 1982 London seun van Charles III en lady Diana Spencer |
29 April 2011 Kate Middleton 3 kinders |
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 "Announcement of Titles: Statement issued by the press secretary to The Queen" (in Engels). The Royal Household. 29 April 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2019. Besoek op 30 April 2012.
- ↑ London Gazette, uitg. 15429, p. 1403, 21 November 1801
- ↑ Tim Ross (16 November 2010). "Could William and Kate be the next Duke and Duchess of Cambridge?". The Telegraph (in Engels). telegraph.co.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2019. Besoek op 11 Februarie 2012.