Hoekwil
Hoekwil is 'n klein plaasdorpie, bokant Wildernis, en omtrent 20 km buite George se middestad.
Hoekwil | |
---|---|
Koördinate: 33°58′S 22°37′O / 33.967°S 22.617°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Tuinroete |
Munisipaliteit | George |
Oppervlak | |
• Totaal | 21,97 km2 (8,48 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 3 787 |
• Digtheid | 172/km2 (450/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 21.9% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 63.1% |
• Swart mense | 12.8% |
• Ander | 2.1% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 78.8% |
• Engels | 12.6% |
• Xhosa | 6.4% |
• Ander | 2.2% |
Interessant
wysigDie vorige naam van die nedersetting is Olifantshoek. In die tyd toe poskodes in Suid-Afrika ingevoer is, is besluit om die naam van die dorpie te verander om verwarring met die dorp Olifantshoek in die Noord-Kaap te voorkom. Hoekwil is afgelei van die "hoek" van Olifantshoek en die "wil" van Wildernis.
Oud-staatspresident P.W. Botha en sy vrou is ter ruste gelê in die begraafplaas langs die N.G. Kerk op Hoekwil.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Hoekwil". Sensus 2011.