Holland Park
Holland Park is 'n buurt en openbare park in die stadsdistrik Royal Borough of Kensington and Chelsea in Sentraal-Londen.
Holland Park | |
---|---|
Voorstad | |
Standbeeld van Lord Holland in Holland Park | |
Koördinate: 51°30′10″N 0°12′14″W / 51.50278°N 0.20389°W | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land | Engeland |
Graafskap | Groter Londen |
Borough | Kensington and Chelsea |
Tydsone | UTC±00:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+01:00 (BST) |
Poskode | W8, W11, W14 |
Skakelkodes | 020 |
Die buurt, een van die mees gesogte en welvarendste woonkwartiere in die Britse hoofstad, staan bekend vir sy groot Victoriaanse stadhuise en sy eersterangse restaurante en winkelstrate. Van Londen se gewildste winkelbestemmings word in en naby die buurt aangetref, waaronder Kensington High Street, Notting Hill, Holland Park Avenue, Portobello Market, Westbourne Grove, Clarendon Cross en Ledbury Road.
Alhoewel daar geen amptelike grense vir die buurt bepaal is nie, word dit rofweg begrens deur Kensington High Street in die suide, Holland Road in die weste, Holland Park Avenue in die noorde en Kensington Church Street in die ooste.