Horingsman
Die Horingsman (Bitis caudalis) is 'n slang wat deel vorm van die adders. Die slang kom voor vanaf Worcester en Oudtshoorn in die Suid-Kaap; daarvandaan deur die Karoo tot in die Oos-Kaap en verder noordwaarts tot in die Noord-Kaap, Noordwes, Limpopo, Botswana, die suide van Zimbabwe asook in Namibië en Angola. Die slang staan ook bekend as die Horingadder en in Engels as die Horned adder.
Horingsman | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. caudalis
|
Binomiale naam | |
Bitis caudalis (A. Smith, 1839)
| |
Sinonieme | |
|
Identifikasie
wysigDie slang is gemiddeld 20 tot 25 cm lank met 'n maksimum lengte van 60 cm. Sy kleur wissel baie; in die Kalahari is dit rooierig, in die Noord-Kaap is dit sand- of donkerolyfkleurig, in die Namibië is hulle lig sandgrys tot oranjerooi en lig tot donkerbruin met grys pastelkleure in Limpopo. Die slang het 'n prominente horing bokant elke oog.
Gif
wysigSy gif is sitotoksies maar hou nie werklik 'n gevaar in vir die mens nie. Na 'n byt deur die slang sal die slagoffer skok ervaar, swelsel en akute pyne en in sommige gevalle kan dit met nekrose gepaard gaan. Polivalente gifstof in nie doeltreffend teen die slang se gif nie.
Sien ook
wysigBron
wysig- Slange & slangbyt in Suider-Afrika. Johan Marais. Struik Nature. 2014 ISBN 978 1 77584 024 4
Verwysings
wysig- ↑ Boulenger GA. 1896. Catalogue of the Snakes in the British Museum (Natural History). Volume III., Containing the...Viperidæ. London: Trustees of the British Museum (Natural History). (Taylor and Francis, printers.) xiv + 727 pp. + Plates I.- XXV. (Bitis caudalis, pp. 498-499.)
- ↑ McDiarmid RW, Campbell JA, Touré T. 1999. Snake Species of the World: A Taxonomic and Geographic Reference, Volume 1. Herpetologists' League. 511 pp. ISBN 1-893777-00-6 (series). ISBN 1-893777-01-4 (volume).
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Horingsman.
- 'n Horingsman wat water drink op YouTube. Besoek op 1 Maart 2007.
- Video van B. caudalis en B. cornuta op YouTube. Besoek op 1 Maart 2007.