38628 Huya
38628 Huya (uitspraak: huːˈjɑː), met die voorlopige naam 2000 EB173, is ’n trans-Neptunus-voorwerp in die Kuipergordel in die buitewyke van die Sonnestelsel.
Ontdekking [1] | |
---|---|
Ontdek deur | I.R. Ferrin |
Datum | 10 Maart 2000 |
Plek van ontdekking | Llano del Hato-sterrewag |
Kleinplaneet-benaming | (38628) Huya |
Alternatiewe name | 2000 EB173 |
Kleinplaneet-kategorie | TNV [1] Plutino [2] |
Etimologie | Suid-Amerikaanse god |
Wentelbaaneienskappe [1][2] | |
Epog 4 September 2017 | |
Afelium | 51,052 AE |
Perihelium | 28,536 AE |
Halwe lengteas | 39,794 AE |
Wentelperiode | 251,03 jaar (91 690 dae) |
Gem. anomalie | 3,6933° |
Baanhelling | 15,466° |
Lengteligging van stygende nodus | 169,25° |
Periheliumhoek | 67,890° |
Natuurlike satelliete | 1 |
Fisiese eienskappe |
|
Gem. radius | 203±8 km[3] |
Rotasieperiode | 5,28 uur[4] |
0,083 ± 0,004[3] | |
Skynmagnitude | 19,3[5] |
Absolute magnitude | 5,04 ± 0,03[3] 5,37 ± 0,04[6] 4,9[1] |
Beskrywing
wysigHuya is in Maart 2000 deur Ignacio Ferrín ontdek en is genoem na ’n Suid-Amerikaanse reëngod.[7][8] Dit is ’n plutino, wat in ’n 2:3-resonansie met Neptunus is.[2] Sy deursnee is sowat 406 km[3] en dit is moontlik ’n dwergplaneet,[9] hoewel dit nog nie deur die Internasionale Astronomiese Unie as een geklassifiseer is nie.[10] Ontledings wys Huya het die vorm van ’n afgeplatte bol, met klein albedokolle.[11]
’n Natuurlike satelliet is om Huya ontdek op beelde van die Hubble-ruimteteleskoop van 6 Mei 2012 en op 30 Junie – 1 Julie 2012 bevestig. Dit het ’n geraamde deursnee van 213±30 km[3] en is sowat 1 800 km van Huya af. Sy voorlopige naam is S/2012 38628 Huya 1.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "JPL Small-Body Database Browser: 38628 Huya (2000 EB173)" (2016-07-04 last obs.) (in Engels). Jet Propulsion Laboratory. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 28 September 2017.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 Buie, M. W. (22 April 2007). "Orbit Fit and Astrometric record for 38628" (in Engels). SwRI (Space Science Department). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Oktober 2019. Besoek op 17 Julie 2008.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 Fornasier, S.; Lellouch, E.; Müller, P., T.; et al. (2013). "TNOs are Cool: A survey of the trans-Neptunian region. VIII. Combined Herschel PACS and SPIRE observations of 9 bright targets at 70–500 µm". Astronomy & Astrophysics. 555: A92. arXiv:1305.0449v2. Bibcode:2013A&A...555A..15F. doi:10.1051/0004-6361/201321329.
- ↑ "LCDB Data for (38628) Huya" (in Engels). Asteroid Lightcurve Database (LCDB). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2017. Besoek op 28 September 2017.
- ↑ "AstDys (38628) Huya Ephemerides". Department of Mathematics, University of Pisa, Italy. Besoek op 22 Maart 2009.
- ↑ Doressoundiram, A.; et al. (2007). "The Meudon Multicolor Survey (2MS) of Centaurs and Trans-Neptunian Objects: From Visible to Infrared Colors". The Astronomical Journal. 134 (6): 2186. Bibcode:2007AJ....134.2186D. doi:10.1086/522783.
- ↑ Schmadel, Lutz D. (2006). "(38628) Huya". Dictionary of Minor Planet Names – (38628) Huya, Addendum to Fifth Edition: 2003–2005. Springer Berlin Heidelberg. p. 205. doi:10.1007/978-3-540-34361-5_2420. ISBN 978-3-540-34361-5. Besoek op 28 September 2017.
- ↑ "38628 Huya (2000 EB173)". Kleinplaneetsentrum (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2017. Besoek op 28 September 2017.
- ↑ Brown, M. E. (23 September 2011). "How many dwarf planets are there in the outer solar system? (daagliks bygewerk)" (in Engels). California Institute of Technology. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2020. Besoek op 28 September 2017.
- ↑ Brown, M. E. "The Dwarf Planets" (in Engels). California Institute of Technology. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 28 September 2017.
- ↑ Tancredi, G.; Favre, S. (2008). "Which are the dwarfs in the Solar System?". Icarus. 195 (2): 851. Bibcode:2008Icar..195..851T. doi:10.1016/j.icarus.2007.12.020.
Eksterne skakels
wysig- 38628 Huya by die JPL Small-Body Database
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia