Reusesterretjie
(Aangestuur vanaf Hydroprogne)
Die Reusesterretjie (Sterna caspia) is 'n voël wat aan die hele kuslyn van Suid-Afrika voorkom. In Engels staan die voël bekend as die Caspian tern.
Reusesterretjie | |
---|---|
Volwassene in somervere. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Hydroprogne Kaup, 1829
|
Spesie: | H. caspia
|
Binomiale naam | |
Hydroprogne caspia (Pallas, 1770)
|
Dit is die enigste spesie in die genus Hydroprogne.
Identifikasie
wysigDie voël het 'n wit lyf, grys rug en vlerkrugkante, 'n swart mus op die kop, swart pote en 'n enorme rooi snawel. Die reusesterretjie is die grootste voël van die sterretjies.
Habitat en gewoontes
wysigDie voël vang vis in die see en broei op eilande bv, Robbeneiland en slaap ook by riviermondings. Hulle is alleenlopend maar kan ook saam met ander sterretjies voorkom. Die reusesterretjie duik diep agter prooi aan. Omrede die voëls nie enige steurnisse gedurende broeityd verdra nie, het dit 'n bedreigde spesie geword.
Sien ook
wysigBronne
wysig- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
- Newman se Voëls volgens kleur. Kenneth Newman. 2000. ISBN 1-86872-449-2