Hyundai i20
Die Hyundai i20 is 'n superminimotor wat sedert 2008 deur die Suid-Koreaanse vervaardiger Hyundai vervaardig word.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Hyundai |
Produksie | 2008–huidig |
Modeljare | 2008–huidig |
Montering | Izmit, Turkye (Hyundai Assan)[1] Chennai, Indië (Hyundai Indië) Matola, Mosambiek (Hyundai Mosambiek) |
Ontwerper | Thomas Bürkle[2] |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Supermini |
Bakstyl | 3- of 5-deur luikrug |
Uitleg | Voorenjin, voorwieldryf |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 1.2 L Kappa I4 (petrol) 1.25 L Kappa I4 (petrol) 1.4 L Gamma I4 (petrol) 1.6 L Gamma I4 (petrol) 1.1 L U-lyn CRDI I4 (diesel) 1.4 L U-lyn CRDI I4 (diesel) 1.6 L U-lyn CRDI I4 (diesel) |
Ratkas | 5- of 6-gang handrat 4-gang outomaties |
Lengte | 3995 mm |
Breedte | 1710 mm |
Hoogte | 1490 mm |
Asafstand | 2525 mm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Hyundai Getz |
Die i20 het sy debuut by die Paryse Motorskou in Oktober 2008 gemaak en is tussen die i10 en i30 geposisioneer. Dit is 'n voorwielaangedrewe motor en is beskikbaar in drie- en vyfdeur weergawes. Die i20 het die Getz in byna al sy markte vervang, al is die Getz eers in 2011 in die meeste wêrelddele uitgefaseer.
Die tweede geslag van die motortjie is in Augustus 2014 vrygestel.
Verwysings
wysig- ↑ "Hyundai confirms i20 for Izmit plant". Uibrussia.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Augustus 2014. Besoek op 7 Februarie 2011.
- ↑ "Thomas Bürkle" (in Engels). Hyundai Motor UK Ltd. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Februarie 2018. Besoek op 12 Augustus 2013.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |