Geelrugheuningwyser
voëlspesie
(Aangestuur vanaf Indicator xanthonotus)
Die geelrugheuningwyser (Indicator xanthonotus) is 'n mossiegrootte voël in die heuningwyserfamilie wat in Asië aangetref word, hoofsaaklik in bergwoude langs die Himalajas.
Geelrugheuningwyser | |
---|---|
In Eaglenest Wildlife Sanctuary in Arunachal Pradesh, Indië | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Aves |
Orde: | Piciformes |
Familie: | Indicatoridae |
Genus: | Indicator |
Spesie: | I. xanthonotus
|
Binomiale naam | |
Indicator xanthonotus Blyth, 1842
|
Identifikasie
wysigHulle is baie vinkagtig, maar hul pote is sterk en sigodaktiel, met twee tone wat vorentoe wys en twee na agter. Hulle sit op heuningkoeke en voed op die byewas. Mannetjies is geneig om territoriaal te wees en bly naby heuningkoeke terwyl wyfies en jong diere wyd kos soek. Hulle is broeiparasiete wat hul eiers in neste in boomholtes lê, moontlik dié van houtkappers.
Status
wysigAs gevolg van voortdurende habitatverlies, 'n yl en gebiedsgebonde bevolking, word die geelrugheuningwyser op die IUBN-rooilys van bedreigde spesies as byna bedreig geëvalueer.
Verwysings
wysig- ↑ BirdLife International (2016). "Indicator xanthonotus". IUCN Red List of Threatened Species. 2016: e.T22680652A92870873. doi:10.2305/IUCN.UK.2016-3.RLTS.T22680652A92870873.en. Besoek op 12 November 2021.