Keiskammarivier
(Aangestuur vanaf Infanterivier)
Die Keiskammarivier is 'n rivier wat in die Oos-Kaap, Suid-Afrika vloei. Die rivier ontspring bokant Keiskammahoek in die Amatholeberge en mond uit in die Indiese Oseaan suid van Oos-Londen. Die lengte van die rivier is ongeveer 160 km.
Keiskammarivier Keiskamma River | |
---|---|
Uitsig oor Keiskammahoek, waar die Keiskammarivier ontspring.
| |
Stroomgebied | Oos-Kaap |
Oorsprong | Amatholeberge |
Monding | Hamburg Indiese Oseaan |
Lengte | 160 km (99 myl) |
Oorsprong-hoogte | 1 500 m (4 921 voet) |
Monding-hoogte | 1 m |
Koördinate: 33°16′54″S 27°29′27″O / 33.28167°S 27.49083°O |
Die naam beteken in Hottentots 'soet water'. In 1847 word die Keiskamma die oostelike grens van die Kaapkolonie. Die belangrikste sytakke is die Debe- en Tyhumeriviere, asook die Mnyamenirivier.