Wêreldatletiek
Wêreldatletiek (Engels: World Athletics), tot in Oktober 2019 die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (International Association of Athletics Federations, afgekort IAAF), is die wêreldatletiekbond. Wêreldatletiek is oorspronklik op 17 Julie 1912 in Stockholm onder die naam International Amateur Athletics Federation gestig. Sedert 1982 word die reëls vir amateurstatus minder belangrik en in 2001 word die term 'Amateur' uit die naam verwyder. Wêreldatletiek se hoofkwartier is in Monaco.
Wêreldatletiek | |
---|---|
Kenteken van Wêreldatletiek
| |
Engelse naam | World Athletics |
Land | wêreldwyd |
Sportsoorte | baan en veld, landloop, Padwedloop, renwandel, bergmaraton en Ultramaraton |
Gestig op | 17 Julie 1912 |
Gestig in | Stockholm, Swede |
President | Sebastian Coe |
Konfederasies | AAA, CAA, CONSUDATLE, EAA, NACAC, OAA |
Setel | Monte Carlo, Monaco |
Lede | 214 nasionale federasies |
Affiliasie | Internasionale Olimpiese Komitee |
Amptelike tale | Engels |
Amptelike webwerf | worldathletics.org |
Toernooie en titels
wysigWêreldatletiek organiseer die volgende toernooie:
Geleentheid | Frekwensie |
---|---|
Wêreldatletiek Atletiekwêreldkampioenskappe | Elke twee jaar |
Wêreldatletiek Binnenshuise Atletiekwêreldkampioenskap | Elke twee jaar |
Wêreldatletiek Veldloopwêreldkampioenskap | Elke jaar |
Wêreldatletiek Halfmaratonwêreldkampioenskap | Elke jaar |
Wêreldatletiek Padwêreldkampioenskap | Afgeskaf |
Wêreldatletiek Wêreldatletiekjuniorkampioenskap | Elke twee jaar |
Wêreldatletiek Wêreldatletiekjeugkampioenskap | Elke twee jaar |
Wêreldatletiek Snelloopwêreldbeker | Elke twee jaar |
Wêreldatletiek Atletiekwêreldbeker | Elke vier jaar |
Wêreldatletiek Diamantliga | Elke jaar |
Wêreldatletiek World Challenge | Elke jaar |
Wêreldatletiek bekroon elke jaar die beste atleet en atlete met die titel "Wêreldatletiek atleet van die jaar".
Presidente
wysigSedert sy stigting het Wêreldatletiek ses presidente gehad:
Naam | Land | Termyn |
---|---|---|
Sigfrid Edström | Swede | 1912–1946 |
David Burghley | Verenigde Koninkryk | 1946–1976 |
Adriaan Paulen | Nederland | 1976–1981 |
Primo Nebiolo | Italië | 1981–1999 |
Lamine Diack | Senegal | 1999–2015 |
Sebastian Coe | Verenigde Koninkryk | 2015–hede |
Geaffilieerde bonde
wysigConfédération Africaine d'Athlétisme (CAA)
Asian Athletics Association (AAA)
European Athletic Association (EAA)
North American, Central American and Caribbean Athletic Association (NACAC)
Oceania Athletic Association (OAA)
Confederación Sudamericana de Atletismo (CONSUDATLE)
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Wêreldatletiek. |