Ixia dolichosiphon
Ixia dolichosiphon is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Ixia behoort en deel van die fynbos is. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Hexriviervallei, op die laer hange van die Keeromsberg voor. Die plant is laas in 1993 gewaar, sy habitat is oorgeneem deur wingerde en dit blom slegs na 'n brand. Dit kan dus misgekyk word tydens opnames.
Ixia dolichosiphon | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Ixia |
Spesie: | I. dolichosiphon
|
Binomiale naam | |
Ixia dolichosiphon |