Ixia viridiflora
Plantspesie
Die groenkalossie (Ixia viridiflora) is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Ixia behoort en deel is van die fynbos en renosterveld. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Porterville en die Perdeberg tussen Malmesbury en Paarl voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 683 km2 en die totale populasie word geskat op minder as 500 plante. Die spesie het groot dele van sy habitat afgestaan aan die aanlê van boorde en wingerde asook indringerplante. Die bedreigings bestaan steeds en 'n ander bedreigings is onbeheerde veldbrande.
Groenkalossie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Ixia |
Spesie: | I. viridiflora
|
Binomiale naam | |
Ixia viridiflora | |
Sinonieme | |
|