Jan Venter
Dr. Jan Louis Venter (29 September 1946 – Jeffreysbaai, 3 Maart 2018) was tussen 1973 en sy emeritaat in 2008 predikant in vier gemeentes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, waarvan twee in die destydse Kaapland en twee in Pretoria.
Ds. Jan Louis Venter | |
Ds. J.L. Venter
| |
Naam | Jan Louis Venter |
---|---|
Geboorte | 29 September 1946 |
Sterfte | 4 Maart 2018 (op 71) |
Kerkverband | Gereformeerd |
Gemeente(s) | Worcester 1973–1976 Burgersdorp 1976–1980 Pretoria 1980–1984 Pretoria-Annlin 1984–2008 |
Jare aktief | 1973–2008 |
Kweekskool | Potchefstroom |
Jan Venter het sy studie aan die Teologiese Skool Potchefstroom in 1972 voltooi. In 1973 is hy in sy eerste gemeente, Gereformeerde kerk Worcester, bevestig. Net drie jaar later het hy na Noordoos-Kaapland verhuis en predikant van die Gereformeerde kerk Burgersdorp geword. Weer was dit ’n kort bediening, want in 1984 het die gesin na Pretoria verhuis waar dr. Venter predikant van die Paul Krugerkerk in die middestad geword het. Ná net 'n jaar het hy na sy laaste gemeente, Pretoria-Annlin, in die noorde van die stad vertrek.
Dr. Venter is oorleef deur sy vrou, Dicky, en vier kinders, Petri, Marianne, Louise en Willem, asook tien kleinkinders.