JetBlue Airways
JetBlue Airways is 'n Amerikaanse laekostelugredery. Die maatskappy is in Februarie 2000 deur David Neeleman, die destydse uitvoerende hoof, gestig. Sedert 2000 het die lugdiens konstante groei beleef en het intussen groot spilpunte (fokusstede) by Long Beach (Long Beach-lughawe) en Boston (Logan Internasionale Lughawe) opgebou. Ander spilpunte sluit in Oakland (Oakland Internasionale Lughawe), Fort Lauderdale (Fort Lauderdale–Hollywood Internasionale Lughawe) en Washington, D.C. (Dulles Internasionale Lughawe).
| |||||||
Gestig | Augustus 1998 | (as NewAir)||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Eerste vlug | 11 Februarie 2000 | ||||||
Fokusstede | |||||||
Lojaliteitsprogram | TrueBlue | ||||||
Vlootgrootte | 285 | ||||||
Bestemmings | 104[1] | ||||||
Hoofkantoor | Brewstergebou Long Island City, Queens, New York, V.S.A. | ||||||
Stigters | David Neeleman | ||||||
Sleutelpersone |
| ||||||
Werknemers | 22 000+ (2021) | ||||||
Webwerf | www |
Bestemmings
wysigJetBlue vlieg tans na 76 bestemmings in 13 lande. In 2001 het JetBlue 'n fokusstad-operasie by Long Beach in Los Angeles County, Kalifornië, begin. Nog een is in 2004 by Logan Internasionale Lughawe in Boston, Massachusetts, geopen. Dit het ook fokusstadbedrywighede by Fort Lauderdale–Hollywood Internasionale Lughawe, Luis Muñoz Marín Internasionale Lughawe en Orlando Internasionale Lughawe. Benewens die Verenigde State (insluitend Puerto Rico), is daar vlugte na Aruba, die Bahamas, Bermuda, Curaçao, die Dominikaanse Republiek, Meksiko en Sint Maarten.
JetBlue gebruik 'n taktiek om direkte mededinging met ander laekostelugrederye te vermy, veral die reuse Southwest Airlines, wanneer hulle hul roetes kies. Op 31 Augustus 2016 het JetBlue Airways die eerste kommersiële geskeduleerde vlug van die Verenigde State af na Kuba bedryf.
Diens aan boord
wysigAnders as ander laekoste- en selfdiensdiensverskaffers, het JetBlue sy vloot toegerus met persoonlike TV-skerms in elke sitplek wat aan alle Amerikaanse TV-kanale gekoppel is. Verder het JetBlue aangedui dat hy XM-satellietradio in al sy vliegtuie sal installeer. Alle vliegtuie is ook toegerus met WiFi.
Vloot
wysigVliegtuigtipe | Tans | Bestellings | Vroeër | Gem. leeftyd | Totaal | ||
---|---|---|---|---|---|---|---|
In diens | Gestoor | Totaal | |||||
Airbus A320 | 129 | – | 12 | 14,6 jaar | 142 | ||
Airbus A321 | 99 | 10 | 75 | 5 | 3,5 jaar | 80 | |
Embraer 190 | 20 | – | 20 | 4 | 11,5 jaar | 64 | |
Totaal | 286 | 10 | 265 | 5 | 16 | 10,8 jaar | 286 |
Verwysings
wysig- ↑ "JetBlue Adds New Cities and Routes as It Advances West Coast Strategy". JetBlue Airways. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2018.
Eksterne skakels
wysig- JetBlue Airways
- NASDAQ: JBLU
Wikimedia Commons bevat media in verband met JetBlue Airways. |