Johan Bax van Herenthals
Johan Bax van Herenthals (14 Maart 1637 – 29 Junie 1678, Kaapstad), ook geskryf as Joan Bax of Van Herentals, was van 1676 die kommandeur van die Kaap die Goeie Hoop. Hy het die destydse interim goewerneur, IJsbrand Godske opgevolg. Veeteelt het onder sy bewind floreer en hy het twee keer oorlog teen die Hottentotte verklaar.
Johan Bax van Herenthals | |
7de Kommandeur van die Nederlandse Kaapkolonie
| |
Ampstermyn 14 Maart 1676 – 29 Junie 1678[1] | |
Voorafgegaan deur | IJsbrand Godske (Goewerneur) |
---|---|
Opgevolg deur | Hendrik Crudop (sekunde; waarnemend) |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 14 Maart 1637 ’s-Hertogenbosch, Nederland |
Sterf | 24 Junie 1678 (op 41) Kaapstad, Kaapkolonie |
Eggenoot/-note | Aletta Hinloopen |
Kind(ers) | Johanna Maria Bax |
In 1669 is Joan Bax op 32 jarige ouderdom met Aletta Hinloopen, die dogter van die handelsmagnaat, regter en raadslid Jacob Fransz Hinlopen in Batavia getroud.[2] Ter wille van sy verhoogde status as die eggenoot van 'n Hinlopen, het hy kort na sy huwelik die agtervoegsel 'Van Herenthals' tot sy eie naam gevoeg. Die naam sou hom selfs beter as sy vrou laat klink en het ook sy vader, Maurits vereer, wat hom in Hertogenbosch gevestig het, maar aanvanklik uit Herenthals in Vlaandere afkomstig was, waar die gesin 'n gerespekteerde sosiale stand beklee het.[3]
Bax het in Colombo in Ceylon diens gedoen waar hy en Aletta 'n dogter genaamd Johanna Maria Bax gehad het. Dié dogter is egter na tien maande oorlede.[4]
Bax was 'n aangename, hardwerkende en hooggeagte persoon. Gedurende sy kort termyn as goewerneur het hy die oorlog met die Hottentotte beëindig en persoonlik meegehelp om die bouwerk aan die Kasteel feitlik te voltooi. Kort voor sy dood het hy die sekunde, Hendrik Crudop, as waarnemende kommandeur aangestel. 'n Amp wat laasgenoemde tot in Oktober 1679 beklee het.
Van Heerentals is op 29 Junie 1678 in die Kaap oorlede en is op 4 Julie daar begrawe.[3] Daar was destyds 'n groot tekort aan slawe in die Kaapkolonie. Sy weduwee het voor haar vertrek na Batavia enkele slawe, wat van Malabar afkomstig was, verkoop.[5]
Sien ook
wysigBronnelys
wysig- KENNIS, vol 8, 1980, bl. 1474-1475, ISBN 0 7981 0830 4
Verwysings
wysig- ↑ TANAP Inleiding tot die Resolusies van die Politieke Raad van die Kaap die Goeie Hoop Geargiveer 25 Augustus 2007 op Wayback Machine, besoek op 1 Mei 2007
- ↑ http://www.dbnl.org/tekst/molh003nieu03_01/molh003nieu03_01_0110.htm
- ↑ 3,0 3,1 The Heraldry Society of South Africa, ', besoek op 1 Mei 2007
- ↑ "The Journal of the Dutch Burgher Union of Ceylon, a Lecture Delivered by Mr. F. H. De Vos in Aid of the Galle Branch of the Y. M. C. A." (PDF). Besoek op 11 Julie 2019.
- ↑ (nl) Verkoop van slaven door Aletta Hinlopen
Voorafgegaan deur IJsbrand Godske (Goewerneur) |
Kommandeur van die Kaap de Goede Hoop 14 Maart 1676 – 29 Junie 1678 |
Opgevolg deur Hendrik Crudop (sekunde; waarnemend) |