Johannes Ramokhoase
Johannes Slo Ramokhoase is gebore in die ou Eersterus voordat inwoners verskuif is na Mamelodi, en was die eerste swart burgemeester van Pretoria.
Johannes Ramokhoase | |
---|---|
Gebore | Johannes Lebone Slo Ramokhoase 1951 Eersterus, Pretoria, Suid-Afrika |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Onderwyser, skoolhoof, burgemeester |
Titel | Burgemeester van Pretoria |
Loopbaan
wysigHy het 'n BA-graad, met Engels en sielkunde as hoofvakke, en hy het sy honneursgraad in Engels voltooi. As 'n ANC-raadslid was Ramokhoase ook die skoolhoof van die Mamelodi Hoërskool.
In 1995, op die ouderdom van 44, klop hy die Vryheidsfront se raadslid Wikus Theron, om die eerste swart burgemeester van Pretoria te word, nadat die Nasionale Party nie 'n kandidaat aangewys het nie.
Hy het 'n instrumentele rol gespeel in die samesmelting van die ou Stadsraad van Pretoria met die plaaslike munisipaliteite van Mamelodi, Atteridgeville en ander omliggende gebiede.[1]
Straatnaam
wysigJohannes Ramokhoase-straat (voorheen bekend as Proesstraat) in Pretoria is in 2012 na hom vernoem.[2]
Verwysings
wysig- ↑ "Pretoria News: Peek into lives of Struggle heroes on our streets" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2015. Besoek op 10 Oktober 2015.
- ↑ "ShowMe: Pretoria's new street names" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2019. Besoek op 10 Oktober 2015.