John Montagu (21 Augustus 1797 – 4 November 1853) was 'n Koloniale Sekretaris van die Kaap die Goeie Hoop.

LewensloopWysig

Vroeë leweWysig

Montagu is in 1797 gebore in Lackham, Chippenham, Wiltshire, die tweede seun van Luitenant-kolonel Edward Montagu en sy vrou Barbara, née Fleetwood,[1] en het op 17-jarige ouderdom by die leër aangesluit en in die Slag van Waterloo geveg.

LoopbaanWysig

Hy het in 1843 die Koloniale Sekretaris van die Kaapkolonie geword.[1] Een van sy eerste suksesse was die herorganisasie van die Kolonie se geldsake en die vereffening van sy openbare skuld, gevolg deur hervormings in die bandietarbeidstelsel, in die voorsiening van gesondheidsdienste en hospitale en veral in die verbeterde paaie waarvan die land se vervoer hoofsaaklik afhanklik was.

Hy het ook baie bygedra tot die stigting van skole en die verbetering van die administrasie van die howe. Tydens die Anti-Bandietbeweging van 1849 het hy heelwat vyandskap verduur, maar gevind dat sy sieswyse inslag gevind het.

DoodWysig

Hy is in 1852 oorlede. Die Montagupas en die dorp Montagu dra sy naam.

VerwysingsWysig

  1. 1,0 1,1 John Reynolds, 'Montagu, John (1797–1853)', Australian Dictionary of Biography, Volume 2, Melbourne University Press, 1967, pp. 248–250. Retrieved 10 Oktober 2009

BronnelysWysig