John Scott
Sir John Scott was 'n Luitenant-goewerneur van Natal. Hy is in 1814 gebore. Tydens sy dienstermyn is die eerste Indiërarbeiders die land in gebring en die eerste spoorlyn gebou. Nadat hy oor baie sake met die koloniste gebots het, is hy as Goewerneur na Brits-Guyana verplaas. Hy is op 28 Julie 1898 in Chislehurst, Kent, oorlede.
John Scott | |
Luitenant-goewerneur van Natal
| |
Ampstermyn 5 November 1856 – 31 Desember 1864 | |
Monarg | Victoria |
---|---|
Voorafgegaan deur | Benjamin Pine |
Opgevolg deur | John Maclean |
Luitenant-goewerneur van Brits-Guyana
| |
Ampstermyn 25 Januarie 1869 – 26 Desember 1873 | |
Monarg | Victoria |
Voorafgegaan deur | Francis Hincks |
Opgevolg deur | Edward Rushworth (wnd.) |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 1814 |
Sterf | 28 Julie 1898 Chislehurst, Kent |
Die kusdorp Scottburgh is na hom genoem.